Soorte resepte:

[Resep] Ryk sjokoladekaaskoek

Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur

Ryk sjokoladekaaskoek. Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur

Lewer 12 tot 16 snye

Bestanddele:

Kors

  • 200 g (1 pak) Romany Creams
  • 2,5 ml (½  t) fyn kaneel
  • 75 ml (5 e) botter, gesmelt

Vulsel

  • 200 g (1 groot plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
  • 3 ekstragroot eiers
  • 187 ml (¾ k) strooisuiker
  • 750 g (3 x 250 g-bakkies) laevetroomkaas
  • 250 ml (1 k) suurroom
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 45 ml (3 e) kakao, gesif

Afronding

  • 30 ml (2 e) kakao
  • vars frambose (opsioneel)

Metode:

Stel oond op 160 °C.

Kors

  1. Kap koekies en kaneel in voedselverwerker fyn.
  2. Voeg gesmelte botter by en roer tot goed gemeng.
  3. Druk koekiemengsel op bodem van losboomkoekpan met 24 cm-deursnee vas.

Vulsel

  1. Smelt sjokolade teen 70%-krag in mikrogolf. Hou eenkant tot effens afgekoel.
  2. Klits eiers en strooisuiker tot liggeel.
  3. Klits roomkaas en suurroom by eiermengsel in tot goed gemeng.
  4. Klits vanieljegeursel by.
  5. Sif kakao bo-oor roomkaasmengsel en roer tot goed gemeng.
  6. Voeg ʼn bietjie van die roomkaasmengsel by gesmelte sjokolade en meng goed.
  7. Roer hierdie mengsel by oorblywende roomkaasmengsel tot goed gemeng.
  8. Skep vulsel in kors.
  9. Plaas koekpan op bakplaat sodat dit makliker hanteer en om enige vermorsing maklik op te vang.
  10. Bak vir 45 minute of tot net gestol. Die middel van die tert sal nog sag wees, maar moenie langer bak nie, anders is kaaskoek droog.
  11. Sit oond af. Laat oonddeur halfpad oopstaan en laat kaaskoek nog 1 uur in oond om stadig af te koel.
  12. Haal kaaskoek uit oond om heeltemal af te koel.

Afronding

  1. Plaas kaaskoek op geskikte opdienbord en sif kakao bo-oor.
  2. Plaas frambose bo-op indien verkies.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Denise ·

Dit lyk heerlik sal dit defnitief bak al kos dit n fortuin soms moet mens jouself met so iets lekker bederf !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.