ʼn Veselryke broodjie wat ook goed rooster.
Lewer ʼn 18-snye-brood.
Bestanddele
- 500 ml/250 g volkoringmeel
- 250 ml/120 g koekmeelblom
- 250 ml/90 g rou hawermout
- 25 ml bruinsuiker
- 100 ml/65 g sonneblomsaad
- 50 ml/35 g lynsaad
- 50 ml/35 g sesamsaad
- 7,5ml koeksoda
- 50 ml louwarm water
- 500 ml ongegeurde laevetjogurt
- 50-75 ml water
Metode
- Meng die meel, hawermout, bruinsuiker en sade.
- Los die koeksoda in louwarm water op. Roer die koeksodamengsel en die jogurt by die droë bestanddele. Voeg genoeg water by om ʼn klewerige maar stywe deeg te vorm.
- Skep dit in ʼn gesmeerde middelslag-broodpan en bak dit 45 tot 60 minute by 180 °C.
Bron: Min moeite deur Hilda Lategan
Uitgewer: Lapa