Soorte resepte:

Resep: Sarel se growwe Karoo-beskuit

Sarel se growwe Karoo-beskuit. (Foto: Verskaf)

“Wat is lekkerder as ʼn koppie boeretroos en beskuit vroegoggend in die bed? Die antwoord is maklik. Dis die tweede koppie en nóg beskuit op die stoep. Hierdie is my gunsteling beskuit – nie te soet nie en boonop redelik gesond. Dis ʼn stapelkos in ons huis. Die enigste probleem is dat ʼn baksel beswaarlik ʼn paar dae hou,” skryf Sarel van Staden in Ons Karoo oor sy growwe Karoo-beskuitresep.

Bestanddele

  • 4 koppies koekmeel (of glutenvrye meel)
  • 250 g botter, in blokkies gesny of gerasper
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie klapper
  • 100 g fyngemaalde amandels (poeier)
  • 60 g saadjies (ons meng sommer sonneblom, sesam, vlas en chia)
  • 60 ml psillium-huide
  • 60 g muesli (of glutenvrye muesli)
  • 20 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml sout
  • 500 g volroomjogurt of Griekse jogurt
  • 4 groot eiers

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer drie kleinerige beskuitpanne.
  2. Vryf die botter in die meel tot dit die tekstuur van broodkrummels het.
  3. Meng al die droë bestanddele saam en voeg dit by die meelmengsel.
  4. Klits die eiers en jogurt saam en meng dit by die res om ʼn stywerige deeg te vorm.
  5. Skep in die voorbereide panne, maak gelyk bo-op en bak vir 45-60 minute tot gaar, of totdat ʼn toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom.
  6. Laat effens afkoel, keer uit en sny in vingers.
  7. Plaas op ʼn bakplaat en droog uit teen 100 ºC. Bêre in lugdigte houers.

* Hierdie baksel is sonder enige elektrisiteit gebak in ʼn son-oond op ʼn Karoo-plaas naby Prieska.

  • Die boek word weer in samewerking met die Atterbury Trust uitgegee en die wins word aan jongmense van die Karoo geskenk om hulle by te staan om hul potensiaal te bereik. Ons Karoo is slegs aanlyn beskikbaar en kan bestel word by karoosuite.co.za/produkte/. Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos na [email protected] of besoek die Karoo Suite-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
deHAS

Het iemand enige idee van hoe om beskuit in ‘n mikrogolfoond te kan maak, miskien?

Maria M S

Die jogurt is n interessante variasie, alhoewel die altyd se suurmelk of karringmelk maar op dieselfde neerkom. Lyk lekker.