Maak sommer nóú ʼn baksel van hierdie heerlike koekies vir die naweek!
Lewer 48 koekies
Bestanddele:
Koekies
- 125 g (¼ blok) botter
- 250 ml (1 k) strooisuiker
- 1 ekstragroot eier
- 625 ml (2½ k) koekmeel
- 90 ml (5 e) kakao
- 5 ml (1 t) fyn kaneel
- knypie sout
- 2,5 ml (½ t) koeksoda
- 75 ml (5 e) natuurlike jogurt
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
Afronding
- 200 g (1 groot plak) donkersjokolade, gesmelt
- 50 g (½ pakkie) pekanneute, fyngekap
Metode:
- Stel oond op 180 °C.
Koekies
- Room botter en suiker tot liggeel.
- Klits eier goed by.
- Sif meel, kakao, kaneel, sout en koeksoda.
- Meng jogurt en vanieljegeursel en roer beurtelings saam met meelmengsel by bottermengsel tot deeg vorm. Voeg nog ʼn bietjie meel by as deeg te klewerig is.
- Rol deeg in klein balletjies en plaas effens uitmekaar op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
- Druk met paletmes platter en bak vir 12 tot 15 minute.
- Plaas koekies op afkoelrakkie en laat eenkant tot heeltemal afgekoel.
Afronding
- Doop helfte van koekie in gesmelte sjokolade en plaas op waspapier.
- Sprinkel klein bietjie neute bo-oor en laat stol.
Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3
Uitgewer: Lapa