Soorte resepte:

Resep: Sjokolade-ganache

Sjokolade ganache (Foto: Nerfee Mirandilla/Unsplash)

Hierdie staatmaker-sjokolade-ganache kan gebruik word as ʼn poedingsous, om ʼn koek te versier, om koekstokkies in te doop en veel meer.

Bestanddele

  • 250 ml (1 k) sjokoladestukkies of -splinters
  • 125 ml (½ k room)

Metode

  1. Meet die sjokolade af in ʼn maatbeker. Verhit die room, maar nie tot kookpunt nie. Verwyder van hitte.
  2. Giet die warm room oor die sjokolade en roer tot gesmelt. Verkoel dit totdat die ganache so dik is soos jy dit wil hê.

Wenk:

  • Om ganache te maak word room en sjokolade in die verhouding 1:2 gebruik; een deel room tot twee dele sjokolade, oftewel 250 ml (1 k) room en 500 (2 k) sjokoladestukkies of -splinters.
  • Ganache word dikker as dit verkoel word.
  • As die ganache oor ʼn koek gegiet word, is ʼn slap ganache nodig, maar vir ʼn vulsel tussen koeklae of makrolletjies kan dit langer in die yskas gelaat word om te stol.

Resep: Bak dit self deur Marlene Schoeman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.