Soorte resepte:

Resep: Sjokolade-karamelpoeding

Sjokolade-karamelpoeding (Foto: Lapa Uitgewers)

Die perfekte poeding om enige maaltyd mee af te sluit.

Lewer 8 klein poedings

Bestanddele

  • 250 ml (1 k) koekmeel
  • 30 ml (2 e) kakao
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • knypie sout
  • 125 ml (½ k) strooisuiker
  • 250 g (½ blok) botter
  • 200 g (1 groot plak) donkersjokolade, grofgekap
  • 6 ekstragroot eiers
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 12 blokkies Cream Caramels (Wilson’s), gekap

Wenk: Vervang die karamelblokkies (Cream Caramels) met Rolo’s.

Om voor te sit

  • aarbeie of frambose
  • versiersuiker vir bo-oor

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit 8 ramekins met kossproei.
  2. Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam. Meng die strooisuiker by die meelmengsel.
  3. Smelt die botter en sjokolade saam in die mikrogolf tot glad of in ʼn dubbelkoker op die stoof. Verwyder van die hitte en laat dit ʼn bietjie afkoel.
  4. Klits die eiers met ʼn vurk tot net gemeng. Voeg die eiers vinnig by die gesmelte sjokolademengsel terwyl dit aanhoudend geroer word.
  5. Roer die vanieljegeursel by die gesmelte sjokolademengsel en roer ook die gesifte meelmengsel by.
  6. Skep die sjokoladedeeg in die voorbereide ramekins tot elke bakkie amper ¾ vol is.
  7. Druk ʼn karamelblokkie in elke poeding sodat dit deur die deeg bedek is.
  8. Sit die ramekins in ʼn oondpan en vul dit halfpad met water.
  9. Bak vir 20 minute. Die buitenste rande van die poedings moet gestol wees, maar die middelste gedeelte moet nog klam en ʼn bietjie ingesink wees.
  10. Strooi versiersuiker oor en sit dit saam met aarbeie of frambose voor.

 

Bron: Beste uit Vrouekeur

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.