Soorte resepte:

Resep: Skons met groenvye en room

Skons met groenvye en room (Foto: Lapa-uitgewers)

Bederf jou gaste met hierdie maklike skonsresep.

Lewer 12

Bestanddele

  • 2 k meel
  • 2 e bakpoeier
  • ʼn knippie sout
  • 2 eiers
  • 1 k melk
  • ½ k olie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn bakplaat.
  2. Sif die droë bestanddele saam in ʼn groot mengbak.
  3. Klits die nat bestanddele saam en voeg dit by die droë bestanddele. Sny alles met ʼn mes in om dit te meng.
  4. Keer die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak uit sodra dit bind.
  5. Druk die deeg liggies platter tot ongeveer 1 cm dik. Vat ʼn koekiedrukker en druk ronde, dun skonsies uit.
  6. Rangskik op die voorbereide bakplaat en bak vir 15 minute.
  7. Die skons word lekker bros aan die buitekant, maar bly nog sag in die middel.
  8. Pak die skons in lae met geklopte room en stukkies groenvye tussenin.

Bron: Laat die potte sing! deur Marlise Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.