Soorte resepte:

Resep: Snickerskoek

Snickerskoek (Foto: Lapa-uitgewers)

Nie jou gewone sjokoladekoek nie. Hou hierdie een vir ʼn spesiale geleentheid!

Bestanddele

  • 225 g koekmeel
  • 1½ t bakpoeier
  • 350 g strooisuiker
  • 85 g kakao
  • 1½ t koeksoda
  • 2 eiers
  • 2 t vanielje
  • 150 ml melk
  • 1 k kookwater
  • 4 Snickers-sjokoladestafies
  • 1 x 360 g-blikkie karamelkondensmelk

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee ronde koekpanne.
  2. Meng die droë bestanddele saam in ʼn mengbak.
  3. Meng die nat bestanddele, buiten die kookwater, saam.
  4. Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng goed. Voeg nou stelselmatig die kookwater by totdat die beslag lekker loperig is.
  5. Maak ʼn Snickerstafie baie fyn en strooi dit oor die beslag. Die sjokoladestafie moet baie fyn wees anders sak die sjokoladestukkies af tot onder en kan in die koekpan aanbrand.
  6. Skep die beslag in die voorbereide koekpanne en bak vir ongeveer 30 minute.
  7. Verwyder uit die oond en laat die koeke heeltemal afkoel.
  8. Smeer karamelkondensmelk tussen die koeklae en strooi stukkies van die Snickerstafies oor. Stapel die koeklae en rond die bokant af met nog stukkies van die Snickerstafies.

Resep: Sjef Snoekie laat die potte sing deur Marlise Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.