Soorte resepte:

Resep: Soetpatatgebak met dadels en babawortels

Soetpatatgebak met dadels en babawortels. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie muffinresep kom uit Karlien van Jaarsveld se resepteboek Karlien kan nie kook nie.

Lewer sowat 12 porsies

Bestanddele

  • 1 kg soetpatat, gestoom en fyngemaak
  • 1 t woestyn- of pienk sout
  • 1 e karamelgeursel
  • 2 e rou heuning
  • 1 t kaneel
  • 100 g dadels, in stukkies gekap
  • 3 groot eiers
  • 125 g babawortels, gestoom vir sowat 5 minute
  • 1 t rou heuning
  • olyfolie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ºC.
  2. Spuit ʼn muffinpan of oondbak met kossproei.
  3. Geur die soetpatat met sout, geursel, heuning en kaneel. Voeg die dadels by.
  4. Klits die eiers tot lig en skuimerig en voeg dit by die soetpatat. Meng goed.
  5. Skep in muffinbakkies of oondbak en druk die babawortels liggies in die soetpatat.
  6. Bedruip die wortels met rou heuning en bietjie olyfolie.
  7. Bak vir 20-25 minute totdat die soetpatat bros en gaar is. Sit warm voor.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffman
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.