Die wynlandgoed Delheim buite Stellenbosch vier vanjaar sy bekende Spatzendreck-wyn se 60ste verjaardag. Dié wyn is een van Suid-Afrika se eienaardigste keurwyne aangesien dit aanvanklik as foutief beskou is, maar later gesog geraak het.
Dié laatoes witwyn is die ideale pasmaat vir hierdie kaaskoek wat ontstaan het by Delheim se Garden-restaurant.
Bestanddele
- 150 g botter
- ½ pakkie Tennisbeskuitjies
- 6 eiers
- 300 g strooisuiker
- 512 g mascarpone
- 512 g maaskaas
- 130 g koekmeel
- ¼ k suurlemoensap
- 500 g room
- 2 t vanieljegeursel
Metode
- Smelt botter en krummel Tennisbeskuitjies. Meng goed. Spuit ʼn koekpan met kossproei en versprei die krummelmengsel eweredig oor die onderkant van die pan.
- Klits die eiers en strooisuiker saam. Meng die mascarpone en maaskaas daarby. Sif die koekmeel oor en meng.
- Voeg die lemoensap, vanieljegeursel en die room by en meng.
- Bak teen 170 °C vir 1 uur en 30 minute. Bedien saam met ʼn glas Delheim Spatzendreck.