Het jy geweet jy kan brood met spinasie maak? Kyk hier hoe!
Bestanddele
- 250 g bruismeel
- 2 ml sout
- 2 ml rooipeper
- 5 ml gemengde speserye
- 2 eiers, geklits
- 100 ml laevetmelk
- 300 ml gaar spinasie
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ʼn
- Meng die meel, sout, rooipeper en gemengde speserye saam.
- Voeg die eier, melk en spinasie by die droë bestanddele en meng goed.
- Skep die beslag in die voorbereide broodpannetjie en bak vir 15-20 minute tot goudbruin. Druk ʼn toetspen of tandestokkie in om te toets of dit gaar is. As dit skoon uitkom, kan jy die broodjie uit die oond verwyder.
- Plaas die gaar broodjie op ʼn draadrakkie om af te koel voor jy dit sny.
Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewers: Lapa
Die moeite werd om te probeer!