’n Heerlike soutbederfie vir enige tyd van die dag.
Bestanddele
- 65 g Clover Mooirivier-botter, gesmelt
- 125 ml Clover-suurroom
- 1 eier, geklits
- 2 k (500 ml) bruismeel
- knypie rooipeper
- knypie sout
- 1⅓ k (310 ml) Clover-cheddarkaas, fyngerasper
- 2 e (30 ml) vars grasuie, gekap
- 1 geklitste eier vir glasuring
OPDIENING
- Clover Butro-bottersmeer
- ½ k (125 ml) Clover-cheddarkaas, gerasper
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 °
- Meng die botter, suurroom en eier goed. Sif die meel, rooipeper en sout saam. Meng die kaas en grasuie met die meel en voeg by die bottermengsel. Meng tot ’n sagte deeg vorm.
- Giet die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie liggies. Druk met die palm van jou hand totdat dit ongeveer 3 tot 4 cm dik is. Maak ’n ronde vorm en merk ses wiggies uit met ’n skerp getande mes. Moenie deursny nie. Plaas op ’n gesmeerde oondbak. Borsel liggies met die geklitste eier.
- Bak vir 20 tot 25 minute tot goudbruin. Sny in wiggies en dien warm met botter en gerasperde kaas op.
VARIASIE
Sny die deeg met ’n 5 cm-koekiedrukker en bak kleiner skons vir 10 tot 15 minute. Lewer 12 tot 16 skons.
Bron: Teepartytjie
Uitgewer: Lapa