
Foto: Wenresepte 1
Vir afwisseling kan ʼn mens 250 g gaar, gegeurde maalvleis of 125 ml gesnipperde ham, polonie of Weense worsies by die vulsel voeg, sê mev. H. J. Truter van Mbombela (Nelspruit).
Lewer 6-8 porsies
Betanddele:
Tertkors
- 275 g (500 ml ongesifte) koekmeelblom
- 5 ml sout
- 2 ml bakpoeier
- 175 g (190 ml) botter of margarien
Kaasvulsel
- 750 ml melk
- 50 g (100 ml) mielieblom
- 7 ml sout
- 25 g (30 ml) botter of margarien
- 50 ml fyngekapte ui
- 50 ml fyngekapte pietersielie
- 100 g (250 ml) gerasperde, beleë cheddarkaas
- knippie rooipeper
- 3 eiers, goed geklits
- ʼn bietjie gerasperde kaas en paprika vir garnering
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C (350 °F).
- Sif die koekmeelblom, sout en bakpoeier saam.
- Vryf die botter of margarien liggies in en meng tot ʼn hanteerbare deeg (voeg ‘n bietjie yswater by indien nodig).
- Druk in ʼn oondvaste bak van 20 x 30 x 5 cm.
- Hou ʼn bietjie van die melk eenkant om die mielieblom mee te meng en kook die res.
- Meng die mielieblom en sout met die melk wat eenkant gehou is, voeg by die kookmelk, roer aanhoudend en kook 3 minute lank.
- Voeg die botter of margarien by, roer tot gemeng, haal van die stoof af en laat afkoel tot louwarm. Voeg die ui, pietersielie, kaas en rooipeper by en meng goed. Voeg die eiers by en meng goed.
- Giet die vulsel in die tertkors, strooi kaas en paprika oor en bak sowat 30 minute lank of tot gestol.
- Sit dit warm voor.
Bron: Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Hoekom kan ek nie die resepte print nie?