Soorte resepte:

Resep: Tuisgemaakte sjokoladegranola

Tuisgemaakte sjokoladegranola (Foto: Lapa-uitgewers)

Maak hierdie vakansie jou eie granola vir ontbyt of ʼn lekker peuselhappie.

Lewer 8-10 porsies

Bestanddele

  • 500 g gerolde hawermout
  • 200 g bokwiet
  • 100 g amandelvlokkies
  • handvol pampoenpitte
  • 1 e karamelgeursel
  • 1 e vanieljegeursel
  • 2 e olyfolie
  • 4 e rou heuning
  • 50 g amandelbotter
  • 3 opgehoopte e rou kakao
  • 2 t woestyn- of pienk sout

VRUGTE

  • 150 g bosbessies
  • 50 g rosyne
  • 100 g klein stukkies dadel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng al die droë bestanddele behalwe die kakao en sout saam in ’n mengbak.
  3. Meng die geursel, olyfolie, heuning, amandelbotter, kakao en sout in ’n mengbakkie tot deurgemeng.
  4. Voeg dit by die droë bestanddele en meng goed. Plaas op ’n bakplaat en druk plat met ’n lepel. Bak vir 25 min.
  5. Sprinkel vrugte oor en laat behoorlik afkoel. Breek in stukke en bere in ’n lugdigte houer.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.