Soorte resepte:

Resep: Uie-en-pietersieliequiche met sampioene

Uie-en-pietersieliequiche met sampioene (Foto: Lapa-uitgewers)

Quiche is ʼn gewilde teetyd-versnapering en kan koud of warm voorgesit word. Stel gerus dié resep volgende keer op die proef.

Lewer 6 tot 8 porsies

Bestanddele

  • 300 g blaardeeg
  • 2 uie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 3 x 15 ml Clover Mooirivier-botter
  • 400 g sampioene, in skyfies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 50 ml platblaarpietersielie, fyngekap
  • 3 eiers
  • 1 k Clover-volroommelk
  • 200 g Clover-goudakaas, gerasper
  • paprika

Metode

  1. Rol deeg 5 mm dik uit en voer quichebak daarmee uit. Plaas in yskas om te verkoel.
  2. Kap die uie en voeg gekneusde knoffel by. Smelt die better en soteer die uie en knoffel tot die uie sag is, maar nie verkleur het nie. Voeg die sampioene by en soteer vir nog 3 minute. Voeg die geurmiddels en pietersielie by. Haal van die hitte af en plaas eenkant om af te koel.
  3. Klits die eiers en voeg die melk by. Skep die sampioenmengsel in die deegdop en sprinkel met gerasperde kaas. Gooi melkmengsel oor. Sprinkel met paprika en bak in oond by 180 °C vir 35 tot 45 minute of tot goed gestol.
  4. Dien warm op.

Wenk: Vir ʼn uieringrandafwerking, smeer ʼn losboompan met botter. Rangskik uieringe om kante met platblaarpietersielie tussenin. Plaas deeg om rand en druk liggies vas teen uie en pietersielie.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.