ʼn Basiese kolwyntjieresep wat jy kan opkikker soos jy wil vir kinderpartytjies, ʼn babatee of selfs troues.
Lewer 36 kolwyntjies
Bestanddele
- 250 g (½ blok) sagte botter
- 437 ml (1¾ k) strooisuiker
- 6 ekstragroot eiers
- 560 g (4½ k) koekmeel
- 40 ml (2e + 2t) bakpoeier
- 2,5 ml (½ t) sout
- 187 ml (¾ k) melk
- 75 ml (5 e) water
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
Metode
- Stel oond op 170 °
- Room botter en strooisuiker tot romerig.
- Voeg eiers een-een by en klits goed na elke byvoeging.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout.
- Meng melk, water en vanieljegeursel.
- Meng meelmengsel en melkmengsel beurtelings by bottermengsel tot beslag vorm.
- Skep 60 ml (4 e) van die beslag in muffinpapiertjies wat in muffinpanne geplaas is.
- Bak vir 12-15 minute.
- Plaas kolwyntjies op afkoelrak en laat eenkant tot heeltemal koud.
- Versier soos verkies.
Wenk: Hierdie kolwyntjies vries goed.
Bron: 50 Beste gebak uit Vrouekeur deur Marlo Carstens
Uitgewer: Lapa
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Yum!
Yum yum!