Soorte resepte:

Resep: Vegetariese sampioen-en-uie-quiche

Vegetariese sampioen-en-uie-quiche (Foto: The South African Mushroom Farmers’ Association)

ʼn Heerlike maaltyd vir ontbyt óf middagete.
Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 15 ml olie
  • 2 uie, in die helfte gedeel en dun gesny
  • 5 ml bruinsuiker
  • 15 ml asyn
  • 15 ml botter
  • 350 ml sampioene, opgesny
  • 2 gaar aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 150 g wit cheddarkaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 eiers
  • 250 g mascarponekaas
  • 5 ml vars tiemie

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °
  2. Verhit olie in ʼn pan en braai die uie oor lae hitte vir 10 minute.
  3. Voeg die suiker en asyn by en kook vir 5 minute.
  4. Skep die uiemengsel uit en sit die pan terug op die stoof.
  5. Verhit botter in ʼn pan braai sampioene oor hoë hitte vir 5-7 minute.
  6. Spuit ʼn oondbak/pan met kossproei.
  7. Skep aartappel onder in die bak, gevolg deur die sampioene en uie.
  8. Bedek met cheddarkaas en geur met sout en peper.
  9. Klits die eiers en klits dan die mascarponekaas by.
  10. Giet die eiermengsel oor die quichemengsel en sprinkel tiemie oor.
  11. Bak vir 35-45 minute of tot eiers gaar is.
  12. Sit voor met geroosterde tamaties vir ontbyt of ʼn slaai vir middagete.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association (SAMFA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.