Soorte resepte:

Resep: Vetkoek

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Wenresepte)

Smul aan hierdie maklike resep.

Bestanddele

  • 1 k (250 ml) koekmeel
  • 1 t (5 ml) bakpoeier (hoogvol teelepel)
  • ½ t (2,5 ml) sout
  • ¾ k (180 ml) yswater
  • sonneblomolie vir diepbraai

Metode

  1. Sif die droë bestanddele saam. Voeg die yswater met ʼn slaplemmes by die droë bestanddele tot dit ʼn sagte drupdeeg vorm.
  2. Verhit ± 3 mm olie in ʼn swaarboomkastrol en toets die hitte van die olie met ʼn druppeltjie deeg.
  3. Skep lepels vol van die deeg in die warm olie en braai dit aan die een kant tot ligbruin.
  4. Draai die vetkoek om en braai verder tot gaar.
  5. Skep die vetkoek uit en dreineer die oortollige olie op kombuispapier.
  6. Bedien met appelkooskonfyt, gouestroop of heuning en kaas.

Bron: Koljander koljander so deur die Bosch

Uitgewer: Lapa

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop dit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

kaplyn ·

Hierdie resep is die resep wat die ou boertannies vinnig gebak het vir die boere op kommando. (Natuurlik sonder die “grand geit” van heuning, kaas, gouestroop en konfyt) Daar was nie tyd vir die deeg om te rys en afgenie te word nie. Net vinnig bak en vinnig gee aan die boer en daar gaan hy met sy perd voor die “ingelse” dit agterkom! Dit is ‘n oorlewering van my ouma wat vir ons baie die vetkoek gebak het. Ag hoe verlang ek na haar!!

kaplyn ·

Net byvoeging van hierbo. Dis in uitgebraaide vet en nie in olie gebak nie.

koos10 ·

Ons bak vetkoeke in die airfryer, met bruin deeg. Dis verskriklik lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.