Soorte resepte:

Resep-video: Biltong-en-roombroodjie

Biltong-en-roombroodjie (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Dié broodjie met ʼn biltong-en-roomvulsel is vreeslik lekker as hy warm uit die oond kom, veral saam met braaivleis. Dit word boonop sommer vinnig met gekoopte winkeldeeg gemaak.

Bestanddele

  • 1 sakkie winkeldeeg
  • 2 pakkies Potato Bake
  • 1 k biltongpoeier
  • 250 ml room
  • 250 ml melk
  • 1 k gekerfde biltong
  • 1 k cheddarkaas, gerasper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Rol die deeg in balletjies en plaas in ʼn oondbak.
  3. Meng die Potato Bake, biltongpoeier, room en melk saam en gooi dit oor die deegballetjies.
  4. Sprinkel die gekerfde biltong en cheddarkaas bo-oor.
  5. Bak in die oond vir sowat 30-40 minute by 180 °C.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.