Soorte resepte:

Resep-video: Boeretroos-koekies

Boeretroos-koekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié koekie smeek om in ʼn warm koppie koffie of tee gedruk te word!

Lewer ongeveer 35 koekies

Bestanddele

  • 15 g (62 ml) koffie
  • 15 ml kookwater
  • 250 g botter
  • 90 g gouestroop
  • 220 g (1 k) suiker
  • 5 ml vanielje‑essens
  • 7 g koeksoda
  • 560 g (4 k) koekmeel
  • Bietjie sout
  • Donkersjokolade

Metode

  1. Meng koffie en kookwater om sterk koffie aan te maak.
  2. Gooi botter, gouestroop en suiker in ʼn bak en meng goed.
  3. Smelt die koffiemengsel effens en gooi vanielje‑essens, koeksoda, koekmeel en sout by.
  4. Meng weer goed tot ʼn koekiedeeg vorm.
  5. Knyp ʼn stukkie deeg af en rol dit in jou hand, maak ʼn holte in die deegballetjie en plaas ʼn halwe blokkie donkersjokolade daarin. Rol die koekie dan weer toe sodat die sjokolade nie uitsteek nie.
  6. Plaas op ʼn bakplaat met bakpapier op en bak vir 15-20 minute teen 180 °

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Joachim Cilleirs ·

Ek wou nog vir julle dankie gese het vir daai lip lekker skurwe jantjies resepie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.