Soorte resepte:

Resep-video: Bovril-en-kaasmuffins in ʼn blikbeker

Bovril-en-kaasmuffins in ʼn blikbeker. (Foto: Elsabe Erasmus/Maroela Media)

Dié muffins kan jy inpak werk toe, saamneem na ʼn braai of sommer net as ʼn peuselhappie geniet. Jy kan die beslag in ʼn broodpan gooi indien jy ʼn brood bó die muffins verkies. Dit is lekker net so of met botter.

Die resep lewer sowat 6 blikbeker-muffins of 12 standaard muffins.

Bestanddele

  • 420 g meel
  • 20 ml bakpoeier
  • 200 g Cheddar-kaas, gerasper
  • 100 g botter
  • 30 ml Bovril
  • 300 ml melk
  • 4 groot eiers

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Sif die droë bestanddele saam en voeg dan die kaas by.
  3. Smelt die botter en Bovril saam in die mikrogolf en laat dit effens afkoel voordat jy die melk en eiers byvoeg.
  4. Voeg die droë bestanddele by.
  5. Meng alles liggies met ʼn houtlepel.
  6. Skep die mengsel in gesmeerde blikbekers en sprinkel nog ʼn bietjie Bovril en kaas oor.
  7. Bak dit in die oond vir 20-25 minute of totdat ʼn toetspen skoon uit die muffins kom.
  8. Eet dit warm of teen kamertemperatuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.