Soorte resepte:

Resep-video: Brosbrood

Brosbrood. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hier is ʼn heerlike brosbrood waarmee jy die Desember-vakansie kan afskop.

Jy het nie eiers nodig vir dié resep nie, en dit is so maklik dat selfs die kinders ʼn hand kan bysit. Pas die resep aan deur een eetlepel gerasperde lemoenskul of selfs opgesnyde kersies by te voeg. Die brosbrood is ook heerlik om in sjokolade te doop.

Die resep maak sowat 32 koekies.

Bestanddele

  • 1 k sagte botter
  • 80 g strooisuiker en ekstra
  • 30 g mielieblom (Maizina)
  • 2 k koekmeel

Metode

  1. Spuit ʼn bakplaat met kleefwerende kossproei en voer dit met bakpapier uit.
  2. Klits die botter en suiker tot lig en romerig.
  3. Voeg die mielieblom en meel by en meng dit goed tot ʼn sagte koekiedeeg vorm.
  4. Rol die deeg in balletjies en druk dit sowat 2 cm uitmekaar op die voorbereide bakplaat plat.
  5. Sprinkel met ekstra strooisuiker en laat dit in die yskas rus vir sowat 20 minute.
  6. Verhit die oond tot 140 °C en bak die brosbrood vir sowat 40 minute tot ligbruin.
  7. Laat dit effens afkoel voordat jy dit uit die pan verwyder om verder af te koel.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.