Soorte resepte:

Resep-video: Dubbellaag-sjokoladekoek

Dubbellaag-sjokoladekoek (Foto: Janie Monsieur)

ʼn Sagte, klam sjokoladekoek met ʼn versiersel wat skrik vir niks!

Lewer 1 dubbellaagkoek

Bestanddele

  • 2 k suiker
  • 6 eiers
  • 2 k bruismeel
  • 4 e kakao
  • knippie sout
  • 1 t vanielje
  • 1¼ k warm water
  • ⅓ k olie

Metode

  1. Klits suiker en eiers saam tot lig.
  2. Meng bruismeel, kakao en sout by.
  3. Gooi vanielje, water en olie by en roer tot goed gemeng.
  4. Voer 2 koekpanne uit met bakpapier of spuit met kossproei. Verdeel die beslag eweredig tussen die twee panne.
  5. Bak koeke vir 30 minute teen 180 °
  6. Versier met karamellaag tussenin en sjokoladeversiersel bo-oor (opsioneel).

Sjokoladeversiersel

Bestanddele

  • ½ k versiersuiker
  • ¼ k kakao
  • ⅛ k melk
  • ⅛ k botter
  • ½ t vanielje

Metode

  1. Meng alle bestanddele tot ʼn gladde versiersel vorm. Skep en smeer oor koek.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dit lyk heerlik! Ideaal vir ‘n sjokolade-soettand…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.