Soorte resepte:

Resep-video: Dubbelsjokolade-droom

Dubbelsjokolade-droom (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié sjokolade-en-katjiebotterkoekies kan al jou drome waar maak.

Maak ongeveer 24 koekies (12 dubbelkoekies)

Bestanddele

KOEKIES

  • 210 g (375 ml) koekmeel
  • 1 ½ k kakao
  • 2 k klam bruinsuiker
  • 150 g donkersjokolade, gekap of donkersjokoladekrummels
  • 180 g (200ml) botter
  • 3 eiers, geklits

KATJIEBOTTERVERSIERSEL

  • ¼ k gladde grondboontjiebotter
  • 1 ½ k versiersuiker
  • 1 t vanielje
  • 2 tot 3 t melk

Metode

KOEKIES

  1. Sif meel en kakao saam en meng bruinsuiker daarby.
  2. Smelt donkersjokolade en botter saam en roer by meelmengsel in. Meng die geklitste eiers ook by.
  3. Skep lepelsvol beslag in ʼn uitgevoerde pan. Druk die bo-kant van die beslag balletjies effens plat voordat jy dit bak.
  4. Bak vir 12 minute teen 180 °C

KATJIEBOTTERVERSIERING

  1. Sif die versiersuiker en meng grondboontjiebotter, vanielje en melk goed saam tot glad. Voeg ekstra melk by as die versiersuiker te dik is na jou smaak.
  2. Wanneer die koekies heeltemal afgekoel het, smeer versiersuiker op die agterkant van ʼn koekie en plak nog ʼn koekie vas daaraan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.