Soorte resepte:

Resep-video: Gebakte knoffelbrood

Gebakte knoffelbrood (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Knoffel en kaas is ʼn wenkombinasie.

Lewer 1 brood

Bestanddele

  • 500 g bruismeel
  • 1 pakkie wituiesoppoeier
  • 2 e Aromat
  • 400 ml kaas, gerasper
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 ui, gerasper
  • 2 e vars knoffel
  • 500 ml karringmelk

Metode

  1. Meng bruismeel, soppoeier, Aromat en peper saam.
  2. Meng die kaas, gerasperde ui en knoffel by tot goed gemeng.
  3. Giet nou die karringmelk by en meng goed tot ʼn taai brooddeeg vorm. Jy kan jou hande gebruik as die deeg sukkel om met ʼn lepel te meng.
  4. Gooi in gesmeerde broodpan en bak vir 45 minute teen 200 °C.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Hallo

Hoeveel kaas word benodig? Daar is geen kaas in die bestandele lys nie.

Skim ·

Kan jul asb die hoeveelheid kaas op die resep byvoeg. Dankie

Nico Strydom ·

Dagsê Skim
Dit is nou bygevoeg.
Vriendelike groete
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.