Soorte resepte:

Resep-video: Gevulde soetrissies

Gevulde soetrissies. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Hierdie smullekker maalvleisgereg is nie net lekker nie, maar ook ideaal vir ʼn gesonde eetplan.

Bestanddele

  • 500 g maalvleis
  • 3 e tamatiesous
  • 3 e blatjang
  • 3 e worcestersous
  • knippie sout en peper
  • 6-8 soetrissies (ons het klein soetrissies gebruik, maar jy kan selfs groot soetrissies gebruik om ʼn groter porsie te skep)
  • 1½ k cheddarkaas, gerasper
  • ʼn 250 g-bakkie suurroom

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Berei jou maalvleis voor deur dit te geur na jou keuse, en dit in ʼn pan te braai. Ons het die maalvleis met tamatiesous, blatjang, worcestersous, sout en peper gegeur.
  3. Terwyl die maalvleis braai, berei solank die soetrissies voor deur dit te halveer en die pitte te verwyder.
  4. Vul die halwe skywe met maalvleis, en strooi dan kaas daaroor.
  5. Bak in die oond vir 15-20 minute, of totdat die kaas gesmelt het.
  6. Bedien saam met ʼn bietjie suurroom en geniet!

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.