Soorte resepte:

Resep-video: Heuning-koppiekoek

Heuning-koppiekoek (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie enkelporsie-bederf is stroopsoet en klam.

Lewer 1 porsie

Bestanddele

  • 2 e botter, gesmelt
  • 3 e loperige heuning
  • 1 eier
  • ½ t vanielje
  • 2 e bruinsuiker
  • 4 e bruismeel

Metode

  1. Meng botter, heuning, eier en vanielje goed saam in ʼn koffiebeker.
  2. Meng bruinsuiker en bruismeel by tot glad.
  3. Mikrogolf 60-90 sekondes en eet dadelik.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.