Soorte resepte:

Resep-video: Hoender-pannekoekgebak 

Hoender-pannekoekgebak . (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Kry aandete binne ʼn halfuur op die tafel met hierdie maklike en vullende resep. Jy kan die pannekoek met tortilla-wraps vervang. 

Bestanddele

  • 1 gaar hoender, ontbeen en in stukkies gevlok
  • 4 sprietuie, gekap 
  • 1 rooi brandrissie, gekap 
  • 1 blik rooi nierbone, gedreineer 
  • 1 k pitmielies
  • 200 g cheddarkaas, gerasper 
  • 200 g mozarellakaas, gerasper 
  • 400 g tamatiepastasous 
  • 1 k witsous 
  • 6 pannekoeke 

Metode

  1. Spuit ʼn oondbak met kossproei.
  2. Meng die hoender, sprietuie, brandrissie, nierbone, mielies en tamatiepastasous bymekaar. 
  3. Gooi helfte van die kaas (cheddar en mozarella) by en meng alles weer goed. 
  4. Skep lepels vol van die vulsel in die pannekoeke en rol dit toe. Plaas dit dan in die voorbereide oondbak. 
  5. Giet die witsous bo-oor en die res van die kaas. 
  6. Bak dit in die oond teen 180 °C vir sowat 20 minute of tot goudbruin en die kaas gesmelt het. 
  7. Sny dit in vierkante en geniet saam met slaai. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
honeybee

Klink lekker. Gaan dit sommer vir aand ete vanaand maak.