Soorte resepte:

Resep-video: Japtrap-koekies

Japtrap-koekies (Foto: Janie Monsieur)

Dié ryk en bros grondboontjiekoekies maak jy binne 30 minute van begin tot einde.

Lewer sowat 20 koekies

Bestanddele

  • 400 g crunchy-grondboontjiebotter
  • 1 k bruinsuiker
  • 1 eier
  • ½ t bakpoeier
  • 1 t vanieljegeursel
  • knippie sout

Japtrap-koekies (Foto: Janie Monsieur)

Metode

  1. Meng grondboontjiebotter en suiker saam.
  2. Meng die eier, bakpoeier, vanielje en sout by.
  3. Rol die deeg in balletjies in jou hande en sit dit op ʼn uitgevoerde bakplaat. Druk elke balletjie plat met ʼn vurk en bak vir 20 minute by 180 °
  4. Laat die koekies behoorlik afkoel voordat jy dit van die bakplaat afhaal. Die koekies is baie bros en sal breek as jy hulle probeer skuif terwyl dit warm is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.