Stroopsoet gebakte kaneelsuikersnye met ʼn hemelse versiering.
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele
- 1 witbrood
- botter
- ½ k klewerige bruinsuiker
- 1 e kaneel
- 3 eiers
- ¼ k melk
- 1 k room
- 1 t vanieljegeursel
VERSIERSEL
- 1 k versiersuiker
- 1 e melk
- 1 t vanieljegeursel
- 2 e botter, gesmelt
Metode
- Sny die brood op en sny die korsies af. Smeer elke sny met dik botter.
- Meng klewerige bruinsuiker en kaneel saam en verdeel dit gelyk tussen al die snye brood. Skep lepelsvol op elke sny brood en druk plat met jou hande.
- Stapel die snye op mekaar en plaas dit in ʼn pannetjie sodat dit knus is. (Sien video.)
- Meng eiers, melk, room en vanieljegeursel saam in en giet dit oor die brood in die pan. Laat dit vir 5 minute staan en bak dan vir 40 minute by 180 °C. Laat effens afkoel voor versiersel opgesit word.
VERSIERSEL
- Meng al die bestanddele saam om ʼn loperige versiersel te maak. Drup die versiersel oor die kaneelsuikersnye en geniet.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Wat van lekker resepte vir diabete??
Dis lyk en proe lekker!
Lekker! Kaneel is goed vir suikersiekte. Geniet dit!