Soorte resepte:

Resep-video: Klapperkoekies

Klapperkoekies (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hou die koekblikke hierdie Desember vol met dié heerlike klapperkoekieresep. Dit smaak vorentoe saam met boeretroos of selfs ʼn lekker koppie tee.

Lewer ongeveer een dosyn koekies

Bestanddele

  • 180 g sagte botter
  • 125 ml strooisuiker
  • 1 groot eier
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 2 ml amandelgeursel
  • 480 ml bruismeel
  • 125 ml fyn klapper
  • rooi en groen glanskersies, opgesny

Metode

  1. Voorverhit die oond tot op 180 °C.
  2. Spuit ʼn bakplaat met kleefwerende kossproei.
  3. Verroom die botter en suiker tot romerig.
  4. Voeg die eier, vanielje- en amandelgeursel by en klits weer.
  5. Voeg die meel en klapper by en meng tot ʼn gladde deeg vorm.
  6. Rol die deeg in balletjies en druk effens plat met ʼn vurk op die voorbereide bakplaat.
  7. Versier met die glanskersies.
  8. Bak vir ongeveer 10-12 minute tot ligbruin.
  9. Laat die bakplaat afkoel voordat jy die koekies verwyder sodat dit nie breek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.