Soorte resepte:

Resep-video: Kondensmelk-piesangbrood

Kondensmelk-piesangbrood (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Maklik en met slegs drie bestanddele!
Lewer 1 brood

Bestanddele

  • 5 ryp piesangs, fyngedruk
  • 1 blik kondensmelk
  • 2¼ k bruismeel

Metode

  1. Meng fyn piesangs en kondensmelk goed saam.
  2. Sif bruismeel oor en meng tot dik deeg vorm.
  3. Skep in gesmeerde broodpannetjie en bak vir 1 uur by 180 °C.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bart-Man

Hierdie piesang braaf gaan jou amper R70 kos.

Wondermaarnet

Ek gaan dit defnitief probeer.