Hierdie een porsie koekresep is vinnig en baie eenvoudig om te maak.
Lewer 1 porsie
Bestanddele
- 1 e botter
- 1 t kitskoffie
- 2 e suiker
- ½ t vanielje
- ¼ k melk
- ⅓ k bruismeel
Metode
- Voeg botter en koffie in die koppie en mikrogolf tot die botter sag is en die koffie opgelos het.
- Voeg suiker, vanielje en melk by en meng.
- Meng bruismeel in en maak seker daar sit nie meel onder aan die koppie vas nie.
- Mikrogolf vir 90 sekondes op hoog en geniet onmiddellik.
Resep: Janie Monsieur
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Praat van vinnige gebak! Lyk EN proe heerlik!
Lekker vinnig-gebakte koek in ‘n japtrap!