Soorte resepte:

Resep-video: Maklikste appelkoek

Maklikste appelkoek (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Enigiemand kan hierdie heerlike, klam koek maak!

Lewer 1 groot koek

Bestanddele

  • 2 eiers
  • 1½ k suiker
  • 2 t kaneel
  • ½ k sonneblomolie
  • 6 appels, geskil en in skywe/blokkies gesny
  • 2 k koekmeel
  • 2 t koeksoda

Maklikste appelkoek (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Metode

  1. Meng die eiers, suiker, kaneel en olie saam tot lig.
  2. Meng die appels in sodat alles eweredig bedek is.
  3. Meng die meel en koeksoda saam en skep die appelmengsel daarby in. Meng goed.
  4. Skep in oondpan en bak vir 55 minute by 180 °
  5. Sit net so voor of met versiersuiker bo-oor gesif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.