Enigiemand kan hierdie heerlike, klam koek maak!
Lewer 1 groot koek
Bestanddele
- 2 eiers
- 1½ k suiker
- 2 t kaneel
- ½ k sonneblomolie
- 6 appels, geskil en in skywe/blokkies gesny
- 2 k koekmeel
- 2 t koeksoda
Metode
- Meng die eiers, suiker, kaneel en olie saam tot lig.
- Meng die appels in sodat alles eweredig bedek is.
- Meng die meel en koeksoda saam en skep die appelmengsel daarby in. Meng goed.
- Skep in oondpan en bak vir 55 minute by 180 °
- Sit net so voor of met versiersuiker bo-oor gesif.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Heerlik!!!!!!!!!