Soorte resepte:

Resep-video: Malvamelktert

Malvamelktert. (Foto: Zandeleen Thygesen/Maroela Media)

Dié malvamelktert is ʼn besonderse nagereg om hierdie Moedersdag te bedien.

Bestanddele

Malvapoedinglaag

  • ¾ k suiker
  • 1 e botter
  • 1 e asyn
  • 1 e konfyt
  • 1 eier
  • 1 k melk
  • 1 t koeksoda
  • 1 k meel
  • 1 t kaneel
  • ½ t neutmuskaat
  • ½ t rooibosteeblare
  • knippie sout

Malvasous 

  • ¾ k suiker
  • 1 e botter
  • 1 k melk
  • ½ k water

Melktertlaag

  • 800 ml melk
  • 2 eiers
  • ½ k suiker
  • 50 ml koekmeel
  • 50 ml mielieblom
  • knippie sout
  • 1 e botter
  • 2 ml vanielje-ekstrak
  • kaneel
  • stensil van jou keuse

Metode

Malvapoedinglaag

  1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
  2. Meng die suiker, botter, asyn, gemengde bessiekonfyt en eier in ʼn kastrol oor matige hitte tot die suiker oplos.
  3. Sif die droë bestanddele saam en meng.
  4. Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng goed.
  5. Giet in die voorbereide bakke en bak vir 30-40 minute.
  6. Kook die sous se bestanddele saam in ʼn kastrol en gooi oor die malvapoeding sodra dit uit die oond kom.
  7. Laat die malvapoeding afkoel terwyl jy die melktertlaag maak.

Melktertlaag

  1. Verhit melk tot kookpunt.
  2. Klits die eiers goed.
  3. Voeg suiker by die eiers en meng goed.
  4. Voeg die koekmeel, mielieblom en sout by die eiermengsel.
  5. Klits die eiermengsel by die melk.
  6. Verhit oor matige hitte en roer aanhoudend totdat die mengsel dik is.
  7. Haal af en voeg botter en vanielje-ekstrak by.
  8. Meng goed. Voeg die mengsel oor die malvapoeding.
  9. Indien ʼn stensil gebruik word, laat die mengsel afkoel, voeg die stensil versigtig bo-op en strooi kaneel bo-oor.
  10. Geniet!

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop joune hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.