Braaivleis, braaibroodjies en mielietert. Waarvoor meer kan jy vra vir die naweek?
Lewer 1 groot, of 2 blikbord-grootte mielieterte
Bestanddele
- 2 blikkies geroomde mielies
- 4 eiers
- 4 e (60 ml) botter, gesmelt
- 2 e suiker
- 4 e koekmeel
- 1 e bakpoeier
- sout
Metode
- Meng die geroomde mielies, eiers en botter saam.
- Voeg dan die suiker, koekmeel, bakpoeier en sout by en meng weer.
- Spuit bak of twee blikborde met kossproei. Giet die mengsel in voorbereide bak(ke) en bak vir 1 uur teen 180 °
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Is die baktyd werklik een uur?
Heerlik, ons het dit vanaand saam met braai gemaak. Het allerhande ander voorstelle soos n skep roomys saam met die tert gekry. Dit is lekker genoegvir nagereg ????