Soorte resepte:

Resep-video: Murgpampoentjiebrood

Murgpampoentjiebrood (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie broodjie is nie noodwendig gesonder as enige ander brood nie, maar dit is ʼn maklike manier om ekstra groente in te kry of te versteek vir moeilike kinders!

Lewer 1 broodjie

Bestanddele

  • 2 k witbroodmeel
  • 1 t bakpoeier
  • ½ t sout
  • 1 k melk
  • 1 eier
  • 3 e botter, gesmelt
  • 1 ½ k (200 g) murgpampoentjies, gerasper
  • 1 ½ k Cheddarkaas

Metode

  1. Meng meel, bakpoeier en sout saam.
  2. Meng die melk, eier en botter by tot ʼn dik deeg vorm. Moenie te veel meng nie.
  3. Meng nou die gerasperde murgpampoentjie en kaas by en skep dit in ʼn voorbereide broodpannetjie.
  4. Bak vir 1 uur teen 180 °C Laat afkoel en bedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae