Die perfekte naweek-bederf.
Lewer sowat 15 bruintjies
Bestanddele
- 1 k botter, gesmelt
- 2 k suiker
- ½ k kakao
- 1 t vanielje
- 4 eiers
- 1 ½ k koekmeel
- ½ t bakpoeier
- ½ t sout
- 2 pakke Oreo-koekies
Metode
- Meng die botter, suiker, kakao en vanielje saam tot glad.
- Meng nou die eiers een vir een by.
- Roer die koekmeel, bakpoeier en sout by tot alles goed gemeng is.
- Giet die helfte van die beslag in ʼn pan en pak heel Oreo-koekies bo-op. Hou ʼn paar koekies oor om bo-oor te breek.
- Skep nou die orige beslag oor en maak gelyk bo-op. Sprinkel ekstra gebreekte Oreo-koekies oor.
- Bak vir 30-35 minute teen 180 ° Laat die bruintjies afkoel voordat jy dit sny.
Resep: Janie Monsieur