Soorte resepte:

Resep-video: Paasfeesontbyt

Paasfeesontbyt (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Daar is niks so lekker soos ’n heerlike warm ontbyt en koppie koffie vroegoggend oor ’n langnaweek nie. Hierdie resep kan selfs die aand voor die tyd gemaak word, en jy kan gerus ’n paar oorblywende Paasbolletjies daarvoor nader trek.

Bestanddele

  • 1 k room
  • 1 k melk
  • 6 eiers
  • knippie sout
  • 1 t kaneel
  • 1 t vanieljegeursel
  • 12 Paasbolletjies, in blokkies gesny
  • 2 pakkies spek, opgesny en gaargemaak
  • roomkaaswiggies, in kleiner stukkies gesny (“Happy Cow”-kaas)

Metode

  1. Spuit ʼn oondpan met kleefwerende kossproei.
  2. Klits die eiers, melk, room, sout, kaneel en vanieljegeursel saam.
  3. Gooi die blokkies Paasbolletjies in die voorbereide oondpan.
  4. Gooi die eiermengsel bo-oor.
  5. Sprinkel ʼn bietjie van die spek en kaas bo-oor die brood-en-eier-mengsel, meng alles saam en gooi dan die res van die spek en kaas bo-oor.
  6. Bak dit in die oond vir sowat 30 minute teen 180 °C of tot die eier gaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.