Resep-video: Plaas-Paasbolle

Plaas-Paasbolle (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Heerlike Paasbolletjies wat lyk en proe of dit in ʼn regte plaaskombuis gemaak is.

Lewer 6 groot Paasbolle

Bestanddele

  • 500 g bruismeel
  • ½ t sout
  • ½ t gemaalde koljander
  • ½ t gemaalde neutmuskaat
  • ½ t fyn kaneel
  • ¼ k strooisuiker
  • ¼ k botter, kamertemperatuur
  • 1 k rosyntjies
  • 1 eier, geklits
  • 1½ k melk
  • heuning

Plaas-Paasbolle (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Kruis-bolaag

  • ½ k meel
  • ⅓ k water

Metode

  1. Meng meel, sout, koljander, neutmuskaat, kaneel en strooisuiker saam.
  2. Vryf die botter met jou vingers in en roer rosyntjies by.
  3. Meng die eier en melk bymekaar en roer dit bietjie vir bietjie by die meelmengsel tot ʼn nat deeg vorm. As die meel te styf is kan jy nog melk bygooi.
  4. Breek die deeg in agt stukke en rol dit in balletjies op ʼn oppervlakte wat liggies met meel bestrooi is. Plaas dit op ʼn bakplaat en smeer elke bolletjie met heuning. Bak vir 30 minute teen 200 ° Haal dit halfpad uit om die kruis te maak.

Kruis-bolaag

  1. Meng die meel en water sodat ʼn dik pasta vorm. Skep dit in ʼn druksak en druk ʼn kruis op elke bolletjie uit nadat dit halfpad gebak is. Plaas dadelik weer in die oond om klaar te bak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae