Soorte resepte:

Resep-video: Sjokoladepoeding in ʼn blikbeker

Sjokoladepoeding in ʼn blikbeker (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie smelt-in-die-mond-sjokoladepoeding sal jou soettand hierdie winter sommer vinnig regsien. Trek ses van jou Maroela-blikbekers nader en maak die heerlike poeding vir die gesin.

Bestanddele

Koek

  • 3 groot eiers
  • 250 ml olie
  • 250 ml sterk swart koffie, laat dit afkoel
  • 1 boks sjokoladekoekmengsel
  • 3 x 50 g Nosh-sjokoladestafies, in kleiner blokkies gesny

Sous

  • 250 ml kookwater
  • 30 ml kakao
  • 60 ml suiker

Metode

  1. Verhit die oond tot 180 °C.
  2. Klits die eiers en olie met ʼn elektriese klitser.
  3. Voeg die koffie by en klits dit verder vir so 5 minute.
  4. Voeg die sjokoladekoekmengsel by en meng alles goed.
  5. Gooi sowat ¾ van die blokkies sjokolade in die beslag en meng dit liggies.
  6. Verdeel die beslag in 6 gesmeerde blikbekers en plaas dit op ʼn bakplaat.
  7. Gooi die laaste bietjie sjokoladeblokkies bo-oor.
  8. Bak dit in die oond vir sowat 50 minute of totdat ʼn toetspen skoon uitkom.
  9. Gooi al die bestanddele vir die sous in ʼn glasbak en kook dit in die mikrogolf vir sowat 5 minute.
  10. Gooi die sous oor die warm sjokoladepoeding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.