Resep-video: Sjokoladesmeer-pastei

Sjokoladesmeer-pastei (Foto: Janie Monsieur)

Slegs 4 bestanddele vir hierdie hemelse pastei!
Lewer 1 middelslag-pastei

Bestanddele

  • 1 vel skilferkorsdeeg
  • sjokoladesmeer
  • 2 eiergele
  • 2 e melk

Metode

  1. Strooi meel op jou werksoppervlak en rol die skilferkorsdeeg daarop uit. Jy kan ʼn bietjie meel bo-op die deeg ook sprinkel as dit aan jou roller vassit.
  2. Sny die deeg in sowat ses repies.
  3. Smeer sowat 3 eetlepels sjokoladesmeer op elke repie en vou dit toe.
  4. Voer ʼn ronde oondbak uit met bakpapier en plaas die repies een vir een in die bak in ʼn spiraalvorm. Begin in die middel en las die repies elke keer na buite aan. (Kyk op die video as jy onseker is.)
  5. Druk die deegrolletjies met jou hand vas in die bak.
  6. Klits eiergele en melk saam en smeer die pastei daarmee.
  7. Bak by 180 °C vir 20 minute.
  8. Drup nog sjokoladesmeer bo-op vir versiering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yum

Lyk alte lekker

Meisie

Oh my soul ek gaan vet word die vakansie van hierdie resep!