
Slimjan-koekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)
Maklike vakansiekoekies wat die kinders sommer self kan maak!
Lewer sowat 30 koekies
Bestanddele
- 200 g botter
- 80 g strooisuiker
- 15 ml water
- 275 g (500 ml) koekmeel
- 4 x 40 g-boksies Smarties
Metode
- Room die botter en strooisuiker saam in ʼn mengbak.
- Voeg water en koekmeel by en meng.
- Voeg Smarties by en meng weer.
- Rol die deeg in balletjies en plaas op ʼn bakplaat. (Jy kan die balletjies met ʼn vurk platdruk as jy plat koekies wil hê).
- Bak vir 15-20 minute teen 180 °.
Resep: Janie Monsieur