Soorte resepte:

Resep-video: Spikkelbroodjie

Spikkelbroodjie (Foto: Maroela Media/ Janie Monsieur)

Dít is wat gebeur as jy ʼn piesangbrood met koffie en sjokolade opkikker!

Maak 1 broodjie

Bestanddele

  • 4 ryp piesangs, fyngedruk
  • ½ k margarien, sag
  • 2 t vanielje
  • 2 eiers
  • 2 t gewone ongegeurde jogurt
  • ½ koppie bruinsuiker
  • 1 groot eetlepel koffie
  • 2 k meel
  • knippie sout
  • 1 koppie sjokoladekrummels

    Spikkelbroodjie (Foto: Maroela Media/ Janie Monsieur)

Metode

  1. Meng die piesangs, margarien, vanielje, eiers en jogurt saam in ʼn bak.
  2. Gooi die suiker en koffie by en roer.
  3. Sif die meel oor die piesangmengsel en gooi sout oor. Meng in, maar moenie oormeng nie.
  4. Voeg die sjokoladekrummels by en meng alles goed saam.
  5. Gooi die beslag in ʼn broodpannetjie en bak vir 50-60 minute tot goudbruin.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yolandi ·

Lyk al te lekker… wonder of mens some gewone sjokolade kan gebruik en dit net op kap….

Helena ·

Dis gewone of Griekse joghurt nie plein joghurt nie. Dis afgelei van “plain”. ‘n Plein is ‘n oop stuk ruimte soos bv. kerkplein.

Tania Heyns ·

Dagsê Helena

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.