Soorte resepte:

Resep-video: Suikervrye bruintjies

Suikervrye bruintjies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Al die lekkerte met niks van die suiker!

Lewer 16 bruintjies

Bestanddele

  • ¾ k koekmeel
  • 1 t bakpoeier
  • ¼ k kakao
  • 1 k eritritol (versoeter)
  • ½ k gesmelte botter
  • ¼ k melk
  • 2 eiers, geklits
  • 2 t vanielje
  • ½ k haselneute
  • ½ k suikervrye sjokoladesplinters

Metode

  1. Meng meel, kakao en bakpoeier saam. Meng gesmelte botter, versoeter en vanielje ook in.
  2. Giet geklitste eiers en melk by en roer neute in.
  3. Voer ʼn bruintjiepan uit met bakpapier en skep die bruintjiemengsel daarin. Bak vir 30 minute teen 180°
  4. Sprinkel sjokoladesplinters oor terwyl die bruintjies nog warm is, sodat dit effens insmelt.
  5. Sny in blokkies en geniet warm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.