Soorte resepte:

Resep-video: Tweebestanddeelkoek

Tweebestanddeelkoek (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Lewer 1 koek

Bestanddele

  • 250 ml sjokoladekrummels
  • 4 eiers, geskei

Metode

  1. Klits die eierwit styf en hou dit eenkant.
  2. Smelt die sjokoladekrummels en roer die eiergele daarin.
  3. Vou die eierwit by die sjokolademengsel in tot goed gemeng.
  4. Gooi in ʼn plat, gesmeerde koekpan en bak vir 30 minute by 170 °
  5. Versier deur versiersuiker oor die koek te sif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tanja ·

Dit is nie ń koek resep nie, maar wel ń sjokolade “soufflé”

Belinda ·

sjokolade krummels??? wat presies is sjokolade krummels? wat jy waar kry?

ZellaQ ·

Waneer jy die video kyk wys dit dat dit “chocolate chips” is. Dalk ‘n beter vertaling kry?

Brakanjan ·

Dit lyk soos “chocolate chips”. Wat die regte Afrikaans vir dit is weet ek nie…

Eend Bessinger ·

Wenk vir ouens wat allergies is vir eiers: meng vlapoeier met ‘n bietjie water tot ‘n slap pasta. Werk dieselfde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.