Soorte resepte:

Resep-video: Verjaarsdag-plaatkoek

Verjaarsdag-plaatkoek (Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie verjaarsdagkoek het ‘n karamelkondensmelk-verassing binne in elke sny!

Lewer 12-15 stukke

Bestanddele

KOEK

  • 3 k koekmeel
  • 1 t koeksoda
  • 4 t bakpoeier
  • 1½ k suiker
  • ⅓ k kakao
  • ½ t sout
  • 1 k olie
  • 50 ml asyn
  • 2 k kookwater
  • 2 t vanieljegeursel
  • ½ blik karamelkondensmelk

Verjaarsdag-plaatkoek (Janie Monsieur/Maroela Media)

SJOKOLADE-VERSIERSEL

  • 1 k versiersuiker
  • ¼ k kakao
  • ¼ k melk
  • 18 k botter, sag
  • ½ t vanielje
  • ¼ k kookwater

Metode

  1. Meng koekmeel, koeksoda, bakpoeier, suiker, kakao en sout saam.
  2. In ʼn aparte bak, meng olie, asyn, kookwater en vanieljegeursel saam.
  3. Meng die nat mengsel by die droë mengsel tot ʼn gladde beslag vorm.
  4. Smeer ʼn bakplaat met botter of spuit dit goed met kossproei en giet die beslag daarin.
  5. Bak vir 20-25 minute by 180 ° Haal die koek uit en laat heeltemal afkoel.
  6. Gebruik ʼn teelepel en maak holtes in elke porsie koek, maar hou die bokant netjies vir later (sien video).
  7. Vul die holtes met karamelkondensmelk en sit die bokante soos doppies weer terug.
  8. Meng al die versiersel-bestanddele saam en giet oor die koek in die bakplaat. Smeer dit effens sodat dit die hele koek bedek. Sprinkel ekstra versiering oor indien verkies.
  9. Laat weer afkoel tot die versel sy vorm kan behou. Sny in blokke en bedien uit die bakplaat uit.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

deHAS ·

Het iemand al probeer om die versiersel in die koek in te smelt, ice hom en sit hom in die oond, steek ook gaatjies in voor jy hom versier?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.