Soorte resepte:

Resep-video: Vinnige broodrolletjies

Vinnige broodrolletjies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Geen gis of knie is nodig nie!

Lewer 4 broodrolletjies

Bestanddele

  • ½ k melk
  • 2 e olie
  • ½ t suiker
  • ½ t sout
  • 2 k bruismeel (of broodmeel + 2 t bakpoeier)
  • 1 eier, geklits

Metode

  1. Meng melk, olie, suiker en sout saam.
  2. Voeg die helfte van die meel by en meng tot glad. Voeg die ander helfte by en meng weer. Wanneer dit te moeilik raak om te roer, gebruik jou hande. Die deeg moet effens aan jou hande vasklou, maar as dit te taai is, kan jy bietjies-bietjies meel byvoeg. As die deeg nie aan mekaar vassit nie, voeg bietjie melk by.
  3. Deel die deeg in 4 balletjies en plaas dit op ʼn bakplaat. Verf met die geklitste eier en bak vir 25 minute teen 180°C.

Wenk: Hierdie resep kan maklik verdubbel word wanneer jy onthaal of as jy groter rolletjies wil maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Juls

Lyk lekker