Soorte resepte:

Resep-video: Vrugtekoekies

Vrugtekoekies (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

As Kersfees in koekievorm geplaas kon word, dan is dit met hierdie resep! Daar is geen alkohol by hierdie koekies nie, so almal sal dit geniet.

Bestanddele

  • ½ k botter
  • ¾ k suiker
  • 1 eier
  • 1¼ k meel
  • ½ t bakpoeier
  • ½ t sout
  • ½ t kaneel
  • 3 k mengsel van dadels, rosyntjies en kersies; in stukkies gesny
  • 1½ k gemengde neute, in stukkies gesny

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Voer ʼn bakplaat met bakpapier uit.
  3. Verroom die botter en suiker en klits dan die eier by.
  4. Sif die meel, bakpoeier, sout en kaneel saam en meng dit met die bottermengsel.
  5. Vou die vrugte en neute by die beslag in.
  6. Skep lepels vol deeg uit op die voorbereide bakplaat sowat 2 cm uitmekaar.
  7. Bak in die oond vir ongeveer 8-10 minute of tot ligbruin.
  8. Verwyder van die bakplaat en laat afkoel op ʼn draadrakkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wilna

Maroela kan julle uitvind of hierdie resep met gluten free meel gebak kan word.

FM

iewers is fout

7. bak 8 – 10 min

video bak 30 min

?????????